Skoollied

'n Nuwe nasie bou ons hier 'n Nasie sterk en fier.

Ons staan dan saam en neem die hand

Gods lig laat ons skyn dwarsdeur die land.

Dit is ons trots, ons skool, ons werk.

Geloof maak ons in alles sterk.

Verhef jul stem en gee Hom eer.

Oos-Rand Akademie dien die Heer.

Reik hoog, reik hoog.

Hou ons skool se naam omhoog.

Verhef jul stem en gee Hom eer.

Oos-Rand Akademie dien die Heer.

Oor die Skoollied

Die skoollied is saamge-stel deur Magriet van der Merwe en Adri du Plessis in 1998.
Ons het reeds van toe af geweet wat ORA se waardes is en dit probeer uitleef.
Dit word deur die skoollied, leerders en onderwysers uitgebeeld.