Oos-Rand Akademie

Afrikaanse Christelike Privaatskool

'n Veilige en stimulerende omgewing waar die liefde vir leer aangemoedig word en die ontwikkeling van elke leerling tot sy maksimale potensiaal die hoofdoel is.

Met Trots

Geskiedenis van Oos-Rand Akademie

Die geskiedenis van ORA kan in ‘n neutedop as volg saamgevat word:

 

Die gedagte van ‘n Afrikaanse Privaatskool het by Dr. Tertia King ontstaan. Sy het lang samesprekings met Mnr. Johan Kruger gevoer, waarna besluit is om ‘n loodskomitee te stig. Die doel van hierdie komitee was om na die lewensvatbaarheid van so ‘n skool te kyk.

Op 20 Februarie 1996 vind daar ‘n vergadering in die Kategesesaal van die NG Kerk Kempton Kruin plaas.

 

Die eerste voorlopige bestuursraad word op 7 Maart 1996 verkies. Daar word besluit dat die skool bekend sal staan as Privaatskool Oos-Rand.

 

Op 16 April 1996 open die skool met plus minus 35 leerlinge op ‘n perseel tussen Kempton Park en Benoni.

 

Geboorte-en groeipyne spring die skool nie vry nie, maar ten spyte van diepliggende, menslike verskille was daar tog die gevoel, en baie sterk behoefte by ouers, dat hulle graag hulle kinders in ‘n privaatskool wil hê omdat die volgende waardes vir hulle belangrik is:

 

  • Onderwerping aan die Skrif
  • Kwaliteitonderrig
  • Geborgenheid wat klein klassies meebring
  • Gesonde dissipline
  • Afrikaner-kultuurgebondenheid

 

Die skool groei en brei uit, dit kan nie anders nie, want die skool se naam loop hom vooruit. Ons spog vandag met ‘n leerdertal van 130 leerders vanaf Graad R tot en met Graad 12.

Gedrewe

Gebalanseerd Gefokus

Akademie

Pad na jou toekoms

Kultuur

Kreatiwiteit uitleef

Sport

'n Gesonde leefstyl

SOSIAAL

Skep eenheid

Om die Christelike geloof, waardes en norme te handhaaf en ‘n Christelike geloof te beoefen.