Skoolreëls

SKOOLREËLS


1.1. SKOOLREËLS (OOK SKOOLDRAG) IS DAAR OM:

  • Die gladde verloop van ‘n skool se bestuur, organisasie en administrasie te verseker.
  • Die beeld van die skool na binne en buite positief uit te dra.
  • Die kind te lei tot selfdissipline en gehoorsaamheid aan die wette, eise en voorskrifte van die volwasse lewe.

1.2. SKOOLREËLS TYDENS SKOOLURE

Skoolure: Maandae to Donderdae:

GRAAD

RRR-R

1

2-3

4-7

8-12

SKOOLTYE

07:40 tot 13:00

07:40 tot 13:15

07:40 tot 13:30

07:40 tot 13:50

07:40 tot 14:15

GRAAD

RRR-R

1

2-3

4-7

8-12

HUISWERKPERIODE

Onderwyser in klas tot 14:15

13:15 tot 14:15

13:30 tot 14:15

13:15 tot 14:15

Geen

GRAAD

RRR-R

1

2-3

4-7

8-12

STUDIEMIDDAE (Slegs Maandae tot Donderdae)

Geen

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

Studiemiddae Mndg-Dndg

Geen

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

14:45 tot 15:30

  • Vrydae sluit die skool om 13:30.
  • Die skoolterrein mag nie sonder toestemming verlaat word nie.
  • Geen leerling mag sonder toestemming buite die klaskamer wees tydens klastyd nie.
  • Indien ‘n leerder die reëls herhaaldelik oortree, sal die ouers ingeroep word waar hul verwittig sal word dat verdere stappe geneem gaan word wat kan lei tot weiering van toegang tot Oos-Rand Akademie.

1.3. SELFONE

Geen selfone word gedurende skooltye toegelaat nie. Selfone word in die oggend opgeneem, gedurende die dag in die kluis toegesluit en in die middag weer uitgedeel. Indien ‘n personeellid ‘n leerder betrap met ‘n selfoon, sal die selfoon ingeneem word en die leerder moet dan ‘n boete van R220,00 aan die skool betaal voor die foon weer teruggegee sal word. Hierdie boete mag nie op u skoolrekening gehef word nie. Die skool sal nie verantwoordelik gehou word indien ‘n selfoon wat ingeneem is, gesteel of gebreek word nie.

1.4. DIE VOLGENDE IS TE ALLE TYE VERBODE

  • Die besit en gebruik van alkoholiese drank, sigarette, vapes of dwelms op die skoolterrein of in die gebou.
  • Die gebruik van kru taal, vloek of swets op die terrein of in die gebou.
  • Omhelsing, soen en handjies vashou op die terrein of in die gebou.
  • Geen wapens/messe en skerp voorwerpe word toegelaat nie.

1.5. AANKOMS BY DIE SKOOL EN POUSES

  • Leerders mag nie laat wees vir klas nie.
  • Leerders plaas hulle tasse voor hul voogklas met aankoms.
  • Nadat die klok gelui het, beweeg leerlinge onmiddellik na hul klaskamers.
  • Gedurende pouse word tasse voor die klaskamer geplaas waar die leerlinge na pouse sal wees. Sodra die klok lui, beweeg almal na die klaskamers.
  • Leerlinge mag nie tydens pouses en voor skool in die parkeerterrein rondbeweeg nie.
  • Geen leerlinge mag in ‘n klaskamer wees sonder ‘n onderwyser wat toesig hou nie.

1.6. AANTREEBLAD

  • Daar moet te alle tye stilte en orde op die aantreeblad wees.
  • Geen hardloop op stoepe nie.
  • Geen speel met balle in en tussen geboue nie.

1.7. KLASKAMERPRAKTYK

  • Wanneer leerlinge die klaskamer binnestap, geskied dit in stilte.
  • Elke oggend word daar met gebed geopen en ook middae daarmee afgesluit in die klaskamer.
  • Boeke moet dadelik uitgehaal en tasse op die vloer neergesit word.
  • Leerlinge mag dan op die groet van die onderwyser gaan sit.
  • Daar mag nie op die banke, mure en vensters getrap of gekrap word nie.
  • Geen etery of drinkery sal in die klas toegelaat word nie.
  • Geen leerling mag tydens periodes buite ‘n klaskamer wees nie.
  • Gedurende pouse mag geen leerling in ‘n klaskamer wees sonder die toesig van ‘n onderwyser nie.
  • Indien ‘n leerling gedurende skoolure beseer word of siek raak, moet dit onmiddellik by die algemene kantoor aangemeld word.
  • Geen personeellid mag die ouers skakel sonder dat die sekretaresse/hoof daarvan kennis dra nie.

1.8. HANDBOEKE

Alle handboeke moet van ‘n stewige oortreksel voorsien word en met groot sorg hanteer word. Plastiekoortreksels word gebruik vir alle skrifte.

1.9. KLASWISSELING

  • Aan die einde van ‘n periode, op bevel van die onderwyser alleen, verlaat leerlinge die klas.
  • Klaswisseling moet vinnig plaasvind- slegs 2 minute word toegelaat.
  • Leerlinge mag nie na periodewisselings laat by die volgende klas aankom nie.

1.10. TASSE

  • Geen woorde/slagspreuke word op tasse toegelaat nie.
  • Geen sakke word toegelaat nie.

1.11. HUISWERKREËLS

  • Huiswerk word as volledig beskou as dit aan die vereistes voldoen.
  • Dit moet op die bepaalde dag gedoen word.
  • Dit moet die regte werk wees, asook volledig. Leerlinge moet seker maak dat hulle die huiswerk reg afskryf of aanteken en dit verstaan.
  • Die huiswerk moet in Afrikaans gedoen word. (Engelse huiswerk moet in Engels gedoen word).
  • Die huiswerk moet in die leerling se eie handskrif wees.
  • Leerlinge moet handboeke saambring klas toe.
  • Leerling mag nie huiswerk by mekaar afskryf nie.
  • Die huiswerkboek moet elke dag deur die ouer/voog geteken word.

1.12. LEERLINGE MET MOTORS EN MOTORFIETSE

  • Slegs leerlinge met geldige bestuurslisensies mag hul motors of motorfietse op die skoolgrond parkeer. Leerlinglisensies is onaanvaarbaar tensy ‘n persoon met ‘n lisensie saam met die leerling ry.
  • Daar moet stadig en versigtig op die skoolterrein bestuur word. Die maksimumsnelheid is 10 km/h.
  • Leerlinge mag nie gedurende klastyd of pouses by die voertuie wees nie.
  • Onverskillige optrede deur leerlinge met voertuie sal lei tot parkering buite die skool.
  • Leerlinge parkeer hulle voertuie op eie risiko op die skoolterrein. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade of diefstal van ‘n leerling se voertuig nie. Geen verantwoordelikheid sal aanvaar word vir beskadiging van fietse of motors nie.

2. SKOOLDRAG


2.1. MEISIES

Op spesiale versoek kan hoërskooldogters ‘n keuse van voorgeskrewe skooldrag maak, bv. In die somer kan ‘n donkerblou langbroek gedra word.


SOMER:

  • HOËRSKOOL:
  • Donkerblou romp (sykouse slegs in winter).
  • Kortmou blou katoenhemp met skool se naam.
  • Slegs matriekdogters: wit hemde, sykouse (donkerblou).
  • LAERSKOOL
  • Wit-en-blou geruite rokkie met gordel.
  • Swart skoolskoene.
  • Blou sokkies (donkerblou).
  • Donkerblou (vlootblou- “donkerblou”) trui, baadjie of windjakker.
  • “Drimac” (vlootblou- “donkerblou”) met skoolnaam.


WINTER

  • HOËRSKOOL
  • Donkerblou romp met swart of donkerblou kouse (“cameo ribtights”).
  • Donkerblou langbroek en donkerblou sokkies.
  • Blou langmouhemp.
  • Das: donkerblou met skoolwapen.
  • LAERSKOOL
  • Donkerblou langbroek en donkerblou sokkies.
  • Blou langmouhemp.
  • Das: donkerblou met skoolwapen.
  • Geruite skoolrok met sykouse (“cameo-ribtights”).
  • Skooltrui met skoolwapen.
  • Donkerblou oortrui.
  • “Drimac” (vlootblou- “donkerblou”) met skoolnaam.
  • Geen skooltrui se mou mag gesny word om ‘n duim deur te druk nie.

2.2. SEUNS

 

SOMER EN WINTER

  • Grys langbroek of grys kortbroek.
  • Blou langmouhemp met das (winter) of blou kortmouhemp met skoolnaam. Hemp ingesteek.
  • Donkerblou das met skoolwapen.
  • Skooltrui met skoolwapen.
  • “Drimac” (vlootblou- “donkerblou”) met skoolnaam.
  • Swart skoolskoene sonder gespes- moet altyd gepolitoer wees.
  • Donkerblou oortrui.

2.3. ALGEMEEN

 

  • Sorg dat gedrag, optrede en skooldrag altyd onberispelik en netjies is.
  • Skooldrag moet asseblief by alle amptelike skoolfunksies gedra word, tensy dit anders gereël word.
  • Daar sal streng opgetree word teen enige leerling in skooldrag wat deur sy of haar gedrag die skool in die verleentheid stel. Hierdie reëls geld veral ook buite die skoolterrein waar onberispelike gedrag vereis word.
  • Daar mag nie in skooldrag gerook of gedrink word nie.
  • Indien gewone klere gedra word, (verjaarsdae en spesiale dae) word daar slegs ‘n denim of donkerblou langbroek met T-hemp gedra. Die denim mag slegs blou of swart wees onder die knie.
  • Geen kort denimbroeke nie en geen suggestiewe woorde of prente op T-hemde nie.
  • Hare moet altyd vasgemaak wees en ook geen naellak of grimering word op sulke dae toegelaat nie.

2.4. VERSKAFFERS VAN SKOOLDRAG

  • Boundary Silk Bazaar @ Pomona Road & Sarelstraat
  • Caryldale @ Kempton Park 
    • Tel: 068 431 5551

3. VOORKOMS

 

3.1. MEISIES

 

Hare:

  • Kuif mag nie in oë hang nie. As die kuif aan die wenkbroue raak moet dit gesny word of vasgesteek word.
  • Hare mag nie die onderste gedeelte van die kraag raak nie. As dit raak, moet dit vasgemaak word.
  • Hare aan die kante wat oor die ore hang, moet vasgesteek word of agter die ore ingesteek word.
  • Hare mag geensins in slierte of in die gesig hang nie.
  • Hare mag nie nat voorkom nie.
  • Hare moet een kleur wees en mag nie gebleik wees nie.
  • Geen uiterstes word toegelaat nie.

 

Vasmaakmiddels:

  • Slegs wit en donkerblou rekkies.
  • Slegs silwer inskuifknippies.
  • Geen pêrels, diamante, blommetjies of patroontjies nie, slegs knoppie oorbelle en goue ringetjies.
  • Voorbeeld van vasmaakmiddels is in die kantoor beskikbaar.

 

Juwele:

  • Slegs een oorbel per oor, in die onderste gaatjie van die oorbel.
  • Slegs goue of silwer ringetjies, kleurlose steentjie of “studs” word gedra (klein).
  • Geen hangertjies of armbande word toegelaat nie.
  • Geen tongring word toegelaat nie.
  • Geen sigbare “piercings” of “tattoos” nie.

 

Grimering:

  • Geen grimering nie.
  • Geen onderlaag, maskara, oogomlyner of ander grimering mag gedra word nie.

 

Naels:

  • Die wit van die nael mag 3 mm lank wees.
  • Geen kunsnaels of naellak word toegelaat nie.
  • Naels moet ten alle tye netjies en skoon wees.

 

Rompe:

  • Wanneer ‘n dogter kniel, mag die romp nie meer as 10 cm bo die grond wees nie.
  • Mag nie in die middel omgevou word nie.

 

Truie:

  • Geen oorgroot truie word toegelaat nie.
  • Geen truie se mou mag ‘n gat ingesny word om duim deur te druk nie.

3.2. SEUNS

 

Hare:

  • Hare moet netjies en kort geknip word.
  • Direk om die ore moet dit skoon wees. Die hare mag nie die ore raak nie.
  • Die nek moet skoon geknip wees en die hare mag nie aan die kraag raak nie.
  • Die voorhoof moet oop en skoon wees en die kuif mag nie die wenkbroue raak nie.
  • Geen stertjie of “way out” en onnatuurlike golwings mag gedra word nie.
  • Hare mag nie gekleur word nie.
  • Geen gebleikte hare nie.
  • Geen gel word toegelaat nie.

 

Baarde:

  • Seuns wat skeer moet elke dag skoon en netjies geskeer wees.
  • Bakkebaarde mag slegs strek tot by die middel van die oor.

 

Skoene:

  • Slegs swart toerygskoene/stewels (“Doc Martins”) word gedra.
  • Slegs grys skoolkouse word toegelaat- sonder strepe.
  • Skoene moet skoongemaak en gepoleer wees.
  • Tekkies/sportskoene mag nie saam met skoolklere gedra word nie.

 

Hemde en Dasse:

  • Hemde moet ten alle tye ingesteek wees.
  • Die boonste knoop van ‘n hemp is altyd vas en die dasknoop tot bo geskuif.
  • Hempsmoue mag in die somer opgerol word tot bokant die elmboog.
  • Onderhemde moet wit wees en met ‘n v-nek sodat dit nie sigbaar is as die leerling nie ‘n das dra nie.
  • Geen t-hemde mag onder hemde gedra word nie.

 

Baadjies, skoolwindjakkers en truie:

  • Slegs skooltruie, skoolbaadjies en skoolwindjakkers van Oos-Rand Akademie mag gedra word.
  • Moue mag nie tot by die elmboë opgestoot word nie.

 

Juwele:

  • Geen juwele mag gedra word nie, slegs polshorlosies.
  • Geen horlosies met ingeboude selfone nie.

 

Langbroeke:

  • Die pype mag nie nouer gemaak word nie.
  • Seuns moet lyfbande (belt) dra om hul broeke bo te hou.
  • Onderklere soos “boxers” mag nie uitsteek nie.

4. ROOK

  • Leerlinge mag nie op die skoolterrein in besit wees van sigarette, “vapes”, vuurhoutjies of sigaretaanstekers nie (Rookgoed).
  • Leerlinge mag nie op die skoolterrein rook nie. Leerlinge mag op geen ander plek rook terwyl hy/sy in skooluniform is of op enige wyse met Oos-Rand Akademie verbind kan word nie.
  • As leerlinge van ORA op skooluitstappies gaan mag hulle nie op die bus of voertuig waarin hulle vervoer word of gedurende die uitstappie rook nie.

5. VROEËR VERDAAG

  • Vir deeglik kontrole sal sleg die hoof hierdie toestemming verleen.
  • Versoeke moet asseblief voor skool aan die hoof gegee word.
  • Slegs ouers (of soos deur die ouer gereël), mag leerlinge by die skool kom haal.
  • Die nodige toestemmingsbrief moet deur al die vakonderwysers ingevul word en na die kantoor teruggestuur word. Indien ‘n leerling op ‘n toetsdag afwesig is sonder ‘n doktersbrief of brief van die ouer, sal die leerling nul kry vir die toets. Geen leerling mag hul ouers bel om hul te kom haal nie. Daar mag slegs uit die kantoor gebel word.

6. VAKVERANDERING

  • ‘n Leerling, sy/haar ouer, of vakonderwyser kan versoek dat ‘n leerling van vak moet verander. Die nodige vorm word by die hoof afgehaal, ingevul en deur die vakonderwyser en ouer geteken, waarna die vakverandering deur die hoof bevestig word.
  • Leerder mag in Graad 10 en 11 vakke verander. Leerders moet ‘n brief skryf hoekom hulle hierdie spesifieke vak wil los en die ander een vat. Daar word ook ‘n brief aan die ouer gegee wat geteken moet word voordat die leerder van vakke kan verander.


Datum en hoeveelheid vakke wat verander mag word:

  • ‘n Leerder mag net eenkeer in ‘n FET-fase van vak verander.
  • Graad 10 mag 2 vakke verander voor einde Julie.
  • Graad 11 mag 2 vakke verander voor einde Maart.
  • Graad 12 mag 1 vak verander aan die einde van graad 11 jaar.

7. KANTOORBLOK

  • Geen leerder mag in die kantoorblok rondloop, hardloop en kuier nie.
  • Kombuis/personeelkamer/kluis en afrolkamer is verbode vir leerlinge.

8. SIEKTES GEDURENDE SKOOLTYD

  • Wanneer ‘n leerling gedurende klastyd siek word, stuur die onderwyser die leerling na die kantoor. Die sekretaresse verantwoordelik sal die nodige behandeling en optrede bepaal en diensooreenkomstig optree.
  • Indien ‘n leerling die skool weens siekte moet verlaat, sal die ouers geskakel word deur die sektretaresse. Slegs ouers (of gemagtigde persone) mag leerlinge by die skool kom haal.
  • Ouers moet hul kind uitteken as hy/sy vroeg huis toe gaan.

9. POUSE

  • Laerskool- en Hoërskoolleerlinge het afsonderlike speelterreine.
  • Laerskool- gras buite binnehof.
  • Hoërskool- gras in die binnehof.
  • Afgebakende speelterrein (slegs as hoërskool bal speel).

10. KLEUTERSKOOL

  • Slegs die voorskoolkinders word in kleuterskoolkamer of terrein toegelaat.

11. SNOEPIE

  • Die snoepie mag slegs gedurende pouse besoek word.
  • Geen skuld word aan leerders gegee nie.

12. SAAL

  • Geen leerders mag in die saal sonder toesig van ‘n onderwyser wees nie.

13. KLASLEIER

  • ‘n Klasleier word, soos deur die onderwyser aangewys, bepaal.