Ons skool bied ‘n verskeidenheid kulturele aktiwiteite aan waarin leerders hul talente kan ontwikkel en hul kreatiwiteit kan uitleef. Aktiwiteite soos die jaarlikse Revue waar almal deelneem, Nova Arte Kunswedstryd en groentjiekonserte, speel ‘n belangrike rol in die vorming van ons leerlinge se selfvertroue en vaardighede.
By ons skool glo ons dat kulturele aktiwiteite net so belangrik is soos akademiese-en sportprestasies, en ons moedig elke leerder aan om deel te word daarvan.