Ons Hoof

Die Hoof

Mev. René Jordaan

Die skool het in 1996 sy deure geopen en ek was van die begin van sy bestaan by die skool betrokke.  In hierdie tyd het die skool van krag tot krag gegaan.  Van die oud-leerders se kinders is al self ouers en hulle kinders is al hier op skool.

 

Daar was moeiliker en makliker tye gewees en dit het nie altyd goed gegaan nie, maar daar is bewys dat waar daar ‘n wil is, is ‘n weg en die skool sal in 2026 reeds sy 30ste verjaardag vier.

 

Ek hoop, glo en vertrou dat ORA nog baie lank vir Afrikaanse kinders ‘n tuiste sal wees.

 

R. Jordaan