- Aan my Skepper en aan Sy Woord gee ek die ereplek in my lewe.
- In my gedrag en in my werk en wandel, strewe ek doelbewus om my Skepper, my volk en my naaste met onvervalste trou te dien.
- Ek doen elke dag my bes om aan die hoë verwagtinge te voldoen wat my ouers en onderwysers vir my koester.
- Ek lê my daarop toe om al die moontlikhede wat in my skuil, sodanig te ontwikkel dat ek eendag ‘n bruikbare en eerbare volwasse lid van my volk en die samelewing kan word.
- Ek stry met alle mag teen die verkeerde wat in my skuil en ek glo aan die beoefening van innerlike selfdissipline.
- Ek weerhou my van deelname aan enigiets wat ‘n skadelike uitwerking mag hê op die ontwikkeling van my karakter en persoonlikheid.
- Teenoor my ouers betoon ek elke dag dankbaarheid, welwillendheid en hulpvaardigheid.
- Ek tree beleefd en hoflik op teenoor my ouers, onderwysers, ouer mense en medeleerlinge en lewer elke dag bewys van lojaliteit teenoor my skool.
- Ek streef daarna om vriendelik op te tree teenoor almal met wie ek in aanraking mag kom en eerlikheid, getroudheid en opregtheid te beoefen.
- My woord is my eer.
- Ek pak die werk wat aan my opgedra is met krag aan en voer dit met geesdrif uit.
Ek erken dat ek as jong Christen, as jeugdige lid van my nasie, as leerling van Oos-Rand Akademie en as individu, besondere verpligtinge het teenoor my Skepper, my vaderland, my ouers, my medemens en my skool.