Dankie vir u belangstelling in Oos-Rand Akademie. Ons sien uit daarna om u kind deel te maak van ons dinamiese leeromgewing.
Inskrywingsproses:
Ouers word versoek om die amptelike inskrywingsvorm volledig in te vul en saam met die nodige dokumentasie (soos geboortesertifikaat, rapport en identifiseringsdokumente ens.) in te handig. Die vorm is by die skoolkantoor beskikbaar of kan aanlyn afgelaai word vanaf ons webtuiste.
Skoolfooie vir 2026:
Skoolfooie is maandeliks vooruit betaalbaar en speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van die hoë standaard van onderrig en fasiliteite wat ons bied. ‘n volledige fooistruktuur is beskikbaar by die kantoor of kan ook aanlyn afgelaai word op ons webtuiste.