Sport

Aanmoediging

Tot die hoogste sport

Alhoewel Oos-Rand Akademie nie self sport aanbied nie, word leerders sterk aangemoedig om aan sportaktiwiteite buite die skool deel te neem. Ons glo dat sport ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van selfdissipline, spanwerk en ‘n gesonde leefstyl.

 

Leerders wat sport buite die skool beoefen, soos netbal, atletiek, rugby, krieket, swem, gimnastiek of enige ander sport, kry die geleentheid om hul prestasies by die skool aan te meld. Oos-Rand Akademie erken en beloon hierdie leerders deur meriete-toekennings, sertifikate of spesiale vermeldings tydens ons jaarlikse merietetoekenningsfunksie.