Akademie

UItmuntend

Akademie ons passie

Hier by Oos-Rand Akademie is akademie hoog aangeskrewe.  Toegewyde onderwysers is van kardinale belang vir ons kinders se vooruitgang.  Ons volg die CAPS sillabus, is by Umalusi geakkrediteer en behaal groot sukses met matriekuitslae en handhaaf vir meer as 7 opeenvolgende jare ‘n 100% slaagsyfer.

 

Huiswerkklasse vir die laerskool en studieklasse vir laerskool-, sowel as hoërskoolleerders word vanaf Maandae tot Donderdae aangebied.  Ekstra klasse word ook aangebied, veral voor eksamentye.

 

Vakkeuses vir Graad 10 het ‘n baie groot impak op leerders se prestasie, dit is daarom noodsaaklik dat deurdagte besluite oor vakkeuses al in graad 9 gemaak word. Die vakke wat Oos-Rand Akademie vir hoërskoolleerders aanbied is soos volg:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
  • Toerisme of Fisiese Wetenskap
  • Rekenaartoepassingstegnologie of Geografie
  • Lewenswetenskappe of Besigheidstudies

 

Naskool:

 

Leerders kan vanaf 15:30 (Maandae tot Donderdae) en vanaf 13:30 op Vrydae oorgaan na die skool se eie privaat naskool op die terrein, by Christa Lamprecht. Haar fooie is heeltemal apart van die skoolfonds en sy kan direk gekontak word op 068 484 1528 vir enige navrae.